Welkom by Goue Drome

Welkom by GOUE DROME! Ons werk veral in die Oos-Kaap en is trots op ons kunstenaars, feeste, alle vermaaklikheidsgeleenthede en venues. Ons klankstelsels, tegnici en logistieke ondersteuning is van die beste in die land. Ons media, bemarkers en gehore is baie, baie spesiaal.

Ons probeer ook, waar ons kan, 'n handjie bysit om die vermaaklikheidsdrome van baie, in goue drome te verander.

Hierdie webblad is 'n fees van alles wat ons in die Oos-Kaap aanbied. Geniet dit en besoek ons gerus gereeld.

**************

Namens die GOUE DROME-span wens ek al ons kunstenaars, radiostasies, ondersteuners en besoekers 'n geseënde Kersfees en voorspoedige 2012 toe! Mag die nuwe jaar vir almal net vreugde en sukses inhou.

Besoek www.gouedrome.co.za gereeld om op datum te bly met dit wat in die nuwe jaar gaan gebeur.

Groete

Elna Botha

Nuus

Gerrie Pretorius met GISTER EN VANDAG

Sun, 23 Oct 2011 08:36:16 GMT

Die gewilde minnesinger met die vibrato in sy stem, Gerrie Pretorius, se rit na roem die afgelope tien jaar is gekenmerk aan werkywer, erkenning – én pret. Hy vier sy mylpaal met die uitreiking van ‘n splinternuwe dubbel-trefferalbum.

Joe F werskaf!

Sat, 22 Oct 2011 21:58:25 GMT

Joe F se nuutste TREFFER "Super Rugby Men" is op die 3-cd kompilasie "Greatest Rugby Hits” saam met ander rugby treffers van Leon Schuster, TOTO, Right said Fred en vele meer! Maar dit is nie al nie ...

 

Monster van 'n fees

Sat, 22 Oct 2011 21:25:32 GMT

‘n Monster van ‘n fees wag op Baaienaars wanneer die eerste jaarlikse Riviermondsterfees op die oewers  van die Sondagsrivier by Colchester plaasvind van 26 tot 27 November. Lees verder deur op die opskrif te klik.

Nuwe webblad vir Goue Drome

Fri, 07 Oct 2011 16:01:47 GMT

Goue Drome het 'n splinternuwe webblad, ontwerp deur THE CODE GROUP in Port Elizabeth. En nog meer nuwighede is op pad ...

New Website

Wed, 05 Oct 2011 21:32:13 GMT

The Code Group is proud to present the new Gour Drome website. Read the full article to find out more about us...

U kan ook op Goue Drome wees

Goue Drome kry geweldig baie besoekers van regoor die wêreld. Sommiges wil net sien wat daar in die Oos-Kaap se vermaaklikheidsbedryf aan die gang is, terwyl ander weer op pad is om vakansie te kom hou.

Platemaatskappye loer deur die webblad om te sien hoe hulle kunstenaars se nuutste vrystellings bekendgestel word. Mense wat kunstenaars soek vir feeste kom loer hier en diegene wat weer by feeste in die Oos-Kaap wil kom optree wil ook weet wat aangaan. Feeste, venues, konserte en ander optredes lok baie belangstelling.

Ons grootste aantrekkingskrag is die GOUE DROME VERMAAKGIDS en dan is die BAY FM GOUE DROME TOP 5 LOCAL KLANKE en die BAY FM MUSIEK MET 'FEEL'-bladsye ewe gewild.

Daar is dus baie "voete" hier by ons en ons maak seker dat die meeste voete vir 'n rukkie bly en rondblaai. Adverteerders kry daarom ook baie waarde met al hierdie geskarrel en woekery deur ons webblad.

Tree gerus met ons in verbinding as u aan 'n manier kan dink hoe GOUE DROME vir u van betekenis kan wees. Ons gesels graag saam.

Ons kunstenaars

Carina Renz

Gouwsie

Marinus van Rooyen

Bespreek hulle vir jou funksie, fees of ander geleentheid - klik hier!