JACQUES
ARENDT
PROFESSIONELE DJ EN OMROEPER
Beskikbaar vir:
- Troues
- Korporatiewe funksies
- Verhoog produksies
- Sport byeenkomste
- Skoue en feeste
- Partytjies/Kareoke
Kontak my by:
Uiteindelik het jy
by die heel beste DJ met meer as 16 jaar
ervaring, gestasioneer in die vriendelike stad, Port Elizabeth,
Suid-Afrika, uitgekom. Dis die ou wat enige funksie of geleentheid kan
hanteer, enige plek, enige tyd! Geen funksie is 'n sukses sonder 'n
uitsonderlike klankstelsel, 'n professionele DJ/Compére and 'n massiewe
verskeidenheid van musiek en beligtingtoerusting. Jacques Arendt is al
die voornoemde en sal verseker jou funksie of geleentheid 'n ervaring
maak wat jy nooti sal vergeet nie - sukses verseker!
Dit
is die waarheid dat goedkoop diensverskaffers met twyfelagtige
toerusting om elke hoek en draai gevind kan word. Sulke mense daag op
met 'n Hi Fi-stelsel en noem homself 'n DJ. Dis die ou wat by daardie
troue gespeel het op 'n manier wat jou hare laat rys het en jou kopseer
vir 'n week daarna besorg het, in plek daarvan dat jou voet liewer seer
gedans was.
Feit van die saak is, dat wanneer jou funskie verby is, sal daar altyd
gaste wees wat oor die klank en/of die musiek praat. Jy moet jouself
hierdie vraag afvra: Wil jy die slagoffer wees van 'n tref en trap
DJ wat jou belangrike funksie vernietig? Mobiele disko's wat die
kwaliteit vermaak wat jy by jou funksie verdien is bitter skaars.
Onthou
dat jou uitgawes vir vermaak by jou funksie 'n baie klein persentasie
van jou totale funksiekoste uitmaak. Is dit 'n wyse besluit om om jou
begroting aan hierdie afdeling te sny en groot bedrae aan blomme,
drapering en ander frilletjies te spandeer, as die partytjiegedeelte
eintlik die deel is wat jou gaste sal onthou? Ek glo daarin om elke
kliënt se spesifieke behoeftes te bevredig. ek beskik oor 'n databasis
van duisende liedjies vir jou luisterplesier, met al die treffers uit
toeka se dae en ook die heel nuutste huidige treffers met net die druk
van 'n knoppie.
Jy is welkom om my te ontmoet, persoonlik of telefonies om jou vereistes
vir jou droom funksie te bespreek.
Skakel in op BayFM 107.9 (www.bayfm.co.za)
elke Sondag, 12:00 - 15:00, om te luister na my radioprogram, Die Burger
Opskop. ek bied ook elke weeksdag die program THE BIG BAY FM DRIVE van
15:00 tot 18:00 aan.
Bederf jouself - laat ek jou funksie 'n onvergeetlike ervaring maak!
*********************************
Ek het meer as sewe jaar radio-ervaring
Ek het as seremoniemeester opgetree vir:
Klipwerf,
Nicholis Louw, Afrikaanse Musiekfees 2003/2006, Despatch Countryfees,
"Die Burger Pryslyn Trekking",
Kirkwood Wildsfees,
Cradock Kwagga Gatskop Fees, Die Boardwalk Opskop Verjaardagfees
2005/2006, Danskraal Winterfees 2007.
Ek
is die ontvanger van 'n ATKV Afrikoon toekenning in 2005.
Ek het ook op TV verskyn omet die uitsending van 'n WWP Thunderstrike
Stoei-program op SABC2.
Ek het ook 'n TV-verskyning op Kyknet se "Dis hoe dit is" saam met Steve
Hofmeyer in April 2007 gehad.
Hier is ek saam met die twee groot liefdes in my lewe - Louise, my vrou en ons dogtertjie, Irmari:
Ek het
reeds radio-onderhoude met die volgende sterre en bekende persoonlikhede
gevoer:
Juanita Du Plessis, Steve Hofmeyr, Jurie Els,
Corné Krige, Joost Van der Westhuizen, Anriëtte Schoeman, Allister
Coetzee, Tchops Sipuka, Beeskraal, Kurt Darren , Andrè Swiegers, Hi-5,
Robbie Klay, Jacques de Coning, Die Cambells, Chereé, Thys die
Bosveldklong, Chris Brits, Arno & Susan , Rudolf Straueli, Kepler
Wessels, Omar Henry, Casper De Vries, Sunette Bridges, Blackie Swart,
Nicholis Louw, Johan Stemmet (Noot vir Noot faam), Marc Lottering,
Martin Kernekamp, Wynand Strydom, Gerrie Pretorius, Zak van Niekerk,
Johan van Rensburg, Arno Jordaan, Guillaume, Helena Hettema, Dozi,
Pieter Naudé, Pieter Koen, J.J. Stevens, Wicus v/d Merwe, Fredi Nest,
Jeffrey de Bruin, Jannie De Bruin, Magda Greyling, Patrick Lindoor,
Bobby van Jaarsveldt, Robbie Wessels, Theuns Jordaan, André Schwarts,
Ddisselblom, Karen Ferreira, Ghapi, Rudi Muller, WWP Thunderstrike
stoeiers, Hugh Mcabe van die ATKV, Stef Kruger, Lochner De Kok, Richard
van der Westhuizen, Karlien Husselman, Eclips, Ray Dylan, David Fourie,
Chris Chameleon, Anna Davel, Die Melktert Kommissie, Basjan, Leon
Schuster, Stefan Ludik, Siklus!, Inique, Bok van Blerk, Joe F, Mattheus,
Robert Gillmer, Marinus van Rooyen, André M, ELSaBé Rademeyer, Danie
Botha, Willie & Natasha Joubert, Pieter Rademeyer, Fanus Rautenbach (Afrikaanse
radiolegende), Riaan Winter (van Trompie faam) en Shaun Harris
(Springbok swemmer), Ryno Gerber (Bulls Super Rugby stut), Lance James,
Amanda Luyt, Emo Adams, Elizma Theron en Adam Tas.
Kontak my by:
Lees nog meer oor my by www.jacquesarendt.co.za










