CARINA RENZ
TWEEDE BAY FM Spiraal-toekenning vir Carina Renz
Die bekende Kirkwoodse sangeres, Carina Renz het onlangs vir 'n tweede keer 'n BAY FM SPIRAAL-toekenning ontvang vir die BESTE TOP 5 KUNSTENAAR met haar liedjie ELKE STUKKIE. Die liedjie is geskryf deur die bekende liedjieskrywer, Jaco Barnard en die verwerking is deur Deon Mattheus gedoen. Carina het in 2008 ook dieselfde toekenning ontvang vir OKKIE, 'n liedjie geskryf deur André M.
Beide liedjies is ook op Carina Renz se debuutalbum. Klik hier om daarna te luister of dit af te laai:
Die album is beskikbaar by info@gouedrome.co.za of by Elna Botha by 0827069717.
*******
Carina Renz verras met debuutalbum
Die saal se
ligte doof uit. Dis stil in
Kirkwood . Die meeste mense wat nog vir
die naweek in die dorp is, is in die skoolsaal. En almal raak
stil. Die donkerte maak mens mos stil. Iets gaan gebeur. Alger
voel dit aan. Hulle weet, vanaand is die aand waarna die hele
dorp al twee jaar lank uitgesien het. Daar's nie plek vir 'n
muis nie. Lanklaas dat dit so vol was op 'n Saterdagaand. En toe
is die stem daar. Met sagte musiek. Slegs kerslig omsingel deur
'n effense kollig-effek. Goeie harmonieë. Maar die stem ... iets
besonders, en die lied ... Die Onse Vader. Wat 'n wonderlike
manier vir Carina Renz om die vrystellingskonsert van haar
debuutalbum te begin. Wys haar afhanklikheid van Onse Heer.
Almal wonder of dit ‘n somber aand gaan
wees. Veral toe die volgende lied, Don’t cry for me
Selfs die deksnitte is van vooraf verwerk
sodat elke enkele stukkie musiek spesiaal aangepas is by Carina
se styl. Agt liedjies is oorspronklike liedjies wat nog nooit
voorheen opgeneem is nie. Veertien snitte altesaam op die album.
‘n Verskeidenheid wat tog ‘n eenheid vorm. Liedjies wat vir
elkeen in die gesin bedoel is. Daar is geen
ONTHOU is haar album se naam. Die
versorging van die CD-skyf, die CD-boekie, die drukwerk – alles
smaakvol en foutloos. Toe die vertoning van lig en klank en
grootskerm verby is, is daar ‘n spontane staande ovasie, totdat
sy SAGGIES van Stef Kruger weer ‘n keer sing. In die middel van
die liedjie oorval die grootsheid van die oomblik vir Carina.
Trane wen woorde – en trane is sterker as woorde. Sy is maar pas
18 jaar oud. Sy het groot gehap, maar goed geslaag met hierdie
projek. Twee jaar lank hieraan gewerk. Sy skraap moed bymekaar,
pluk woorde vanuit die ruim en maak die lied klaar. Maar almal
het klaar opgesom: Sy is ook mens, vlees en bloed soos ons almal.
Sy
Die mense hou van haar. Agt-en-tagtig koop
haar nuwe album. Vyf-en-dertig bestel haar DVD van die aand se
verrigtinge. Vir enige kunstenaar in Suid-Afrika is dit ‘n goeie
respons. Die versnaperinge na die tyd is heerlik. Kameras flits.
Handtekeninge word uitgedeel. “Die Vallei weet nou eers wat
hulle in Carina het,” sê Celeste van der Walt, die plaaslike
musiekkenner.
Die saal se ligte doof weer uit. Hierdie
keer om die deur te sluit. Hierdie keer om geskiedenis wat
gemaak is agter die deure te bêre. Maar ook sodat Carina
Die mense hou van haar. Agt-en-tagtig koop
haar nuwe album. Vyf-en-dertig bestel haar DVD van die aand se
verrigtinge. Vir enige kunstenaar in Suid-Afrika is dit ‘n goeie
respons. Die versnaperinge na die tyd is heerlik. Kameras flits.
Handtekeninge word uitgedeel. “Die Vallei weet nou eers wat
hulle in Carina het,” sê Celeste van der Walt, die plaaslike
musiekkenner.
Die saal se ligte doof weer uit. Hierdie
keer om die deur te sluit. Hierdie keer om geskiedenis wat
gemaak is agter die deure te bêre. Maar ook sodat Carina
Laai die album af by:
Rhythm Online Music Store
Al
die musiek op ONTHOU is van nuuts af verwerk deur Deon
Mattheus van Studio 5 onder regie van Sarel Botha. Deon
Mattheus is ‘n meester op sy gebied en dit is duidelik
dat hierdie album nuwe standaarde stel aan veral Oos-Kaapse
opname-ateljees en waarskynlik op nasionale vlak
uitstekend sal kan meeding. Bekende ervare plaaslike
talent soos Marinus van Rooyen en Robert Gillmer is
gebruik om die harmonieë op die album te sing en daar is
selfs snitte waarop Carina self die harmonieë behartig
en een (die titelsnit) waar Jaco Barnard hierdie taak
verrig het. Agt van die veertien snitte is splinternuwe
oorspronklike werk wat nog nie op ander albums vir
kommersiële doeleindes opgeneem is nie (die twee snitte
wat deur die bekende Dozi-liedjieskrywer, Stef Kruger
geskryf is, is wel deur homself op ‘n lootsalbum
opgeneem wat deur hom gebruik word om sy liedjies te
bemark).
As u enige navraag het omtrent Carina Renz kontak Elna gerus by 082 706 9717.











