John Perkins
John se CD Lied Vir Pa bevat 14 snitte en die liedjie keuse is gemaak om by iemand van John, wat nou 12 jaar oud is, se ouderdom te pas.
John sing reeds van die ouderdom van 6 en het sy eerste CD op 9 jarige ouderdom uitgereik.
John speel rugby en is vir volgende jaar aangewys as sy skool se hoofseun verder is hy lief om saam met sy Pa vir wie Lied vir Pa geskryf is te vlieg.
John bekoor gehore landwyd met sy vars aanslag en sy unieke verhoog persoonlikheid.
Op sy CD Lied Vir Pa is liedjies soos Ramkat, Sewe Sakke Sout en dan ook Grootverlang en Noudat ek Groot is wat geskryf is deur Stef Kruger.
Die internasionale Regisseur Steve Taylor het die opname behartig.
John het opgetree by die
Margate Musiekfeeste, Rapport se
Hy is 'n bekende gesig by vakansieoorde en doen optredes by skole en verskeie feeste.
John werk hard aan sy nuwe CD wat in Julie 2010 beskikbaar sal wees.
Vir navrae of besprekings stuur 'n e-pos aan elna@gouedrome.co.za of skakel Elna Botha by 082 706 9717.









