MARINUS VAN ROOYEN
MARINUS BESIG MET OPNAMES
Marinus van Rooyen, briljante sanger van Despatch in die Oos-Kaap is uiteindelik besig om sy debuutalbum op te neem en verwag om die album in die tweede helfte van 2010 vry te stel. Hou hierdie spasie dop vir die nuutste inligting!
Marinus van Rooyen is aangewys as die 2008 BAY FM SPIRAAL-stêr nadat hy die gesogte BAY FM SPIRAAL-toekenning ontvang het vir BESTE KUNSTENAAR en is dus as die algehele wenner by hierdie spog geleentheid aangewys. Hy het ook 'n SPIRAAL ontvang vir BESTE LIEDJIE met die liedjie DIE HELE BOKSEMDAAIS.
Verhoognaam: Marinus van Rooyen
Genré: Kontemporêr/Pop/Ballades/Lig Klassiek/Gospel
Taal: Hoofsaaklik Engels en Afrikaans
Albums: Word tans opgeneem by Studio 5 in Port Elizabeth
Radio: Sy liedjies DIE HELE BOKSEMDAAIS, EK SOEK JOU, DIS LIEFDE, en Sê MY speel gereeld op BAY FM 107.9.
Toekennings:
2008: BAY FM SPIRAAL vir BESTE KUNSTENAAR, BAY FM
SPIRAAL vir BESTE LIEDJIE
2007: VOALIM BESTE KUNSTENAAR, VOALIM BESTE LIEDJIE
2006: VOALIM BESTE KUNSTENAAR, VOALIM BESTE LIEDJIE,
MEES BELOWENDE KUNSTENAAR
Kompetisies:
TOP 100 Afrikaanse Idols (KYKnet)
TOP 30 SUPERSTERRE (SABC2)
Optrede hoogtepunte:
DIE BURGEROPSKOP - 1 Maart 2009 Uitenhage
Gereeld by die BOARDWALK CASINO, Port Elizabeth
Drie voorvertonings vir Nicholis Louw in George, Port
Elizabeth en Cradock
Die BOARDWALK CASINO, Port Elizabeth se OPSKOP
VERJAARDAGFEES in November 2007
Ander verbintenisse: Stigterslid van die bekende Oos-Kaapse sanggroep SIKLUS! tot en met Desember 2009.
Optredes:
1)
KKNK (afgelope 3 jaar)
2)
Upington (Arabier Saalperdskou)
3)
Upington (Kuierfees),
4)
Bloemfontein - Wiesbaden
5)
Queenstown (Skou)
6)
Somerset-Oos Bruintjieshoogte Fiets Marathon
7)
Langkloof Appelfees (Joubertina)
8)
Philippolis – Witblits fees
9)
Karriefees (Kareedouw)
10)
Portfees (Calitzdorp)
11)
Kirkwood Wildsfees
12)
Cradock Kwaggafees
13)
Graaff Reinet Skou
14)
Harrismith
15)
Port Elizabeth - Die BURGEROPSKOP
16)
Jeffreysbaai – Skulpiesfees (drie jaar namekaar)
17) Despatchfees
18) Kroonstad - Charolais
19) Bloemfontein - Stud Breeder
... en nog talle meer
Bestuur: Goue Drome Promosies - Elna Botha by telefoonnommer 082 706 9717
Hotline: 083 913 0146
LEER MARINUS VAN NADERBY KEN
M
arinus is gebore op 30 Desember 1980. Hy het sy
laerskoolloopbaan voltooi by Laerskool Susannah Fourie
op Despatch. Op laerskool het hy uitgeblink in atletiek
& rugby en was kaptein van die 0/11 & O/13 vir
beide die rugby & atletiek spanne. Sy leierseienskappe
is verder bewys toe hy as hoofseun verkies is. Hy was
ook ’n uitblinker op akademiese gebied en was onder die
top 3 presteerders in die skool. Hy was ook lid van die
skoolkoor. Hy het ook jaarliks aan skoolkonserte
deelgeneem. Vir hom was die hoogtepunt toe hulle
skoolkonsert voor Marika de Klerk opgevoer is.
1994-1998: Hy het sy hoërskoolloopbaan begin en voltooi by HTS Daniel Pienaar op Uitenhage. Na ‘n paar rugby beserings het hy sy stewels opgehang en konsentreer op sy leerwerk. Hy het ook van vroeg af deeltyds gewerk by ’n sport winkel. In sy laaste 2 jaar van hoërskool het hulle nuwe sang onderwyseres, Erna Cloete, hom ontdek en by die koor betrek. Hy het as voorsanger opgetree en is ook later na ‘n oudisie gekies om in die Oos-Kaapse Jeugkoor te sing. Ook hier is hy as solis ingespan en het klassieke opleiding ontvang onder leiding van dr. Francois en Rene Zietsman. Hulle het die land getoer en sy liefde vir musiek het gegroei. Hy is opgeneem op die Jeugkoor se Kersfees CD. In 1998 neem hy deel aan die Oos-Kaapse Jeug Musiek kompetisie. Weens sy laat inskrywing moes hy 4 Latynse liedere en 1 Engels/Afrikaanse lied leer ken binne 2 weke. Asof dit nie genoeg druk was nie het die griep hom ook gepak wat dinge bietjie moeilik gemaak het. Hy het hom goed van sy taak gekwyt en het 3de geëindig onder sowat 50 deelnemers van oor die hele Oos-Kaap. Hy het aan die Interskole Kunstefeeste deelgeneem en het hy ’n goue sertifikaat ontvang vir sy weergawe van Sweef Soos ’n Arend. Die beoordelaars het hom beskryf as “oorspronklik en innoverend.” Met die lied het die Jeugkoor hom ook ingespan en het hy opgetree by onder andere Hoërskool Colesberg op hulle Oos-Rand Jeugkoor toer. Hy is ook tot die leerlingraad verkies as prefek. Akedemies het hy weereens uitgeblink en het onder die top 5 van die skool geëindig.
1999-2003: Na skool het hy gefokus op sy studies maar musiek was nog altyd deel van sy lewe. Met die motivering van Erna Cloete doen hy ’n oudisie vir Showtime 2000 en word gekies om deel die wees van die showcast. Tussen die gesoute teaterpersoonlikhede het hy baie geleer. Sy sangtalent word weereens raakgesien en word hy as een van die soliste gekies. Die teater het hom laat besef dat dans en sing baie werk verg en dat jy uiters fiks moet wees om by te hou. Hy het sy N.DIP in Meganiese Ingenieurswese ontvang en hom toegespits om ’n sukses te maak van sy loopbaan. In die tyd het hy ook gesing op vele troues en privaat geleenthede.
2004- Op ‘n troue van ‘n goeie vriend, hoor iemand hom sing en dinge het begin gebeur. Hy is genooi vir ’n oudisie by The Boardwalk en word gekies om deel te wees van hulle naweek vermaak. Hy maak sy buiging op 14 Feb. 2004, op Valentynsdag. Die Boardwalk was gepak met al die restaurante weke voor die tyd uitgeboek. Die terugvoering van die Boardwalk was, “Fantasties.” Stadigaan kom hy tot die besef dat die mense hou van wat hy doen. Nie net plaaslike mense is beindruk nie maar ook die oorsese toeriste is beïndruk en wil net weet wanneer hy oorkom. Dit gee hom meer moed om sy sangloopbaan aan te pak. Hy tree op saam met die band A-Z by ‘n “Street Party” en word weereens deur iemand raakgesien. Hy word genooi om by die St Marks Fundraiser optetree en dit sal geskied op die 3rd September 2005. In die tyd raak hy betrokke by Voalim, wat die bevording van oorspronklike Afrikaanse musiek ondersteun. Die voorsitter, Sarel Botha, gee hom die geleentheid om op te tree by hulle Piesata talentaande. Hy voel dadelik tuis want dis tussen sy mense en sy taal: AFRIKAANS. Hy skryf ook sy eerste Afrikaanse lied. Met die Voalim-ondersteuning is hy besig om nog oorspronklikes aanmekaar te slaan.
Hy is tans besig om aan liedjies te werk vir sy eerste CD. Soos hy sê “Goeie goed neem tyd”. Baie van sy ondersteuners kan nie wag tot die CD die lig sien nie. Met sy positiewe nederige houding en uitstekende menseverhoudings gaan hy dit nog baie ver maak.
Beskikbaar vir optredes by Landbouskoue, Skole, Winkelsentrums, Musiekfeeste, Korporatiewe Funksies, Troues – enige plek waar musiek tuis is.
Navrae en besprekings: info@gouedrome.co.za of 082 706 9717









