MUSIEK MET 'FEEL'
Met wie het Sarel Botha en Anna Pauw reeds onderhoude gevoer en wie kom volgende? - klik hier!
Hoe lyk die nuutste VAT 5 MET 'FEEL' treffersparade? - klik hier!

Luister elke Sondag van 19:00 tot 20:30 na MUSIEK MET 'FEEL' aangebied deur Sarel Botha en Anna Pauw op BAY FM 107.9 in Port Elizabeth en omgewing of via die internet by www.bayfm.co.za. Stuur SMS'e na 34852 of 'n e-pos aan studio@bayfm.co.za (SMS'e en e-posse sal net gedurende die program ontvang kan word)
MUSIEK MET 'FEEL' bestaan uit die volgende gleuwe:
Die eerste halfuur bestaan uit lekker musiek wat jou sal noop om die gordyne toe te trek, 'n kers op te steek, die lig af te sit en rustig te raak met 'n drankie van jou keuse ...
Sarel en Anna het elke Sondagaand om ongeveer 19:30 'n onderhoud met 'n legende of diep kunstenaar uit die musiekwêreld.
Om ongeveer 20:00 speel ons heerlik VAT 'N RAAI - al wat jy hoef te doen is om te luister na die leidrade wat gespeel word en dan die antwoord te SMS na 34 852 wanneer jy weet watter liedjie Sarel en Anna in gedagte het ... en siedaar! Jy wen die prys as jou naam getrek word uit die poel van korrekte antwoorde.
Om ongeveer 20:30 word die beste 5 gevoelsliedjies op VAT 5 met 'FEEL' gespeel - 'n treffersparade vir dieper musiek.
********
ONDERHOUDE OP MUSIEK MET 'FEEL'
Dit was 'n voorreg om met die volgende kunstenaars 'n onderhoud te kon voer (of binnekort te kan voer) op MUSIEK MET 'FEEL':
19 September 2010

Sarel Botha en Anna Pauw gesels met Anneli van Rooyen
5 September 2010

Sarel Botha en Anna Pauw gesels met Karla du Plessis
29 Augustus 2010
Sarel Botha en Anna Pauw gesels met André Swiegers
15 Augustus 2010

Sarel Botha en Anna Pauw het gesels met Mel Botes
8 Augustus 2010

Sarel Botha en Anna Pauw het gesels met Francois & Elizabeth
11 Julie 2010

Sarel Botha het gesels met Wynand Strydom en Chereé
4 Julie 2010

Sarel Botha het gesels met Amanda Strydom
27 Junie 2010

Sarel Botha het gesels met Gert Bekker
20 Junie 2010

Sarel Botha het gesels met Carike Keuzenkamp
30 Mei 2010

Sarel Botha het gesels met Glenys Lynne van 4 Jacks and a Jill
23 Mei 2010

Sarel Botha het gesels met Anna Davel
16 Mei 2010

Sarel Botha het gesels met Jan Blohm
25 April 2010

Sarel Botha het gesels met Kupido
18 April 2010

Sarel Botha het gesels met Rudi Claase & Corlea Botha, ons Lieflinge
21 Maart 2010

Sarel Botha het gesels met
Sonja Herholdt
14 Maart 2010
![]()
Sarel Botha het gesels met
Abel Kraamsaal
7 Maart 2010

Sarel Botha het gesels met
Stef Kruger
28 Februarie 2010

Sarel Botha het gesels met
Tommy Dell
21 Februarie 2010

Sarel Botha het gesels met
Sarah Theron
7 Februarie 2010

Sarel Botha het gesels met
Lucas Maree







































