Goue Drome

Jou musiek ... ons passie!

     

 

Reaksie op GOUE DROME Nuusberigte

WAT IS AAN DIE GANG MET OOS-KAAPSE FEESTE?

Turksvyfees, Despatchfees en Karriefees in een jaar daarmee heen!

Lees hoofberig - klik hier

Lees GOUE DROME PERSPEKTIEF onderaan hierdie bladsy - klik hier!

BELANGRIK: DIE MENINGS DEUR DIE PERSONE HIERONDER IS NIE NOODWENDIG DIE MENING VAN GOUE DROME PROMOSIES NIE EN WORD PRESIES SOOS AANGEBIED IN GOEDER TROU GEPLAAS

Reaksie van Theresa du Preez van The Sixth Sense - Eden se kantoor
 
Gewoonlik reageer ek nie op stellings oor kunstenaars en kunstenaars se fooie nie, maar ek dink tog dit is noodsaaklik dat die publiek bewus gemaak word hoe fooie saamgestel word.
 
As mens Eden as voorbeeld kan gebruik - daar is drie kunstenaars op die verhoog wat die geld moet deel, NADAT ek as agent my persentasie geneem het, hulle klank en beligting betaal het, hulle vervoer betaal het, hulle tolgelde betaal het, hulle bankkostes betaal het, hulle versekering op toerusting betaal het.
 
Dan het hulle al meer as R250 000 betaal om toerusting aan te koop, moet hulle plakkate laat ontwerp en laat druk, moet hulle in studio's ingaan om ordentlike/professionele tracks te laat maak, en so kan ek aangaan.
 
Ek dink dus nie dit is billik om net oor die algemeen 'n stelling te maak dat kunstenaars te duur is nie.  Ons verstaan wel dat die ekonomie druk en dat van die organiseerders nie die risiko wil loop om die bespreking te maak nie, en juis daarom waardeer ons almal wat ons kunstenaars bespreek.
 
Dankie aan al die ondersteuners daarbuite!
 
Theresa

Mnr Paul Jordaan, bekende promotor, het aangedui dat plaaslike rade soos die Metropolitaanse Munisipaliteit behoort in te spring en met finansiële hulp te keer dat feeste doodloop, veral as gevolg van die toerisme-waarde daarvan.

Die eienaar van TWINS in Port Elizabeth reageer soos volg:

“DIE PROBLEEM HOEKOM FEESTE EN SOWEL AL HOE MINDER KONSERTE GEHOU WORD IS DAT KUNSTENAARS NET VRA WAT HULLE WIL. DAN MOET REIS EN VERBLYF EN SOMS ANDER VEREISTES OOK BETAAL WORD. DAN PRAAT EK NIE EENS VAN DIE BEMARKING EN ADVERTENSIEKOSTE NIE  EK VAT MYSELF WAT TWINS  BESIT WAT BAIE LEKKER SOSIAAL INGERIG IS +- 600 SITTENDE PERSONE IN MY KLUB KAN HUISVES, DIESELFDE BETAAL AS WAT ‘N FEES VAN 20 000 MENSE KRY.

KUNSTENAARS MOET JY OOK LANK VOOR DIE TYD BESPREEK EN SOMS IS ‘N PERSOON BAIE OP AANVRAAG OP DAARDIE STADUIM VAN BESPREKING BV. BOK VAN BLERK MAAR DAN NA ‘N RUK VERLOOR MENSE BELANGSTELLING, MAAR DAN IS DIT JOU PROBLEEM AS MENSE NIE KONSERTE TOE KOM NIE. INTUSSEN DOEN KUNSTENAARS NIKS OM POPULARITEIT TE BEHOU ONDER AANHANGERS NIE. ‘N MAN SOOS BOK KAN JOU TUSSEN R60000 EN R70000 UIT DIE SAK JAAG.

NA OPTREDES KAN KUNSTENAARS HUL CD’S DVD’S EN FOTO’S VERKOOP WAARVAN DIE ORGANISEERDERS OOK NIE ‘N SENT VOOR KRY NIE.

EK MOET OOK MELD DAT PARTY KUNSTENAARS WEL AANVAARBARE EN BILLIKE TARIEWE VRA, MAAR BYKOMENDE KOSTE MAAK DIT OOK AMPER NIE WINSGEWEND NIE.

BESPREKING VAN KUNSTENAARS HET ‘N “GAMBLE” GEWORD EN DUS JAMMER OM TE SE DAT VAN DIE KUNSTENAARS HUL EIE EN FEESTE/KONSERTE SE ONDERGANG VEROORSAAK..

EK WIL GRAAG VOORTGAAN OM KUNSTENAARS NA DIE GEMEENSKAP TE BRING TEEN BILLIKE TOEGANGSFOOIE, MAAR IS NIE MEER BEREID OM DIE VERLIESE TE DRA NIE.

TWINS EIENAAR”

Thys reageer soos volg:

“HI SAREL

ONS IS N HELE PAAR GESINNE WAT BASIES NA BYNA ALLE FEESTE IN DIE OOSKAAP; KKNK AL SEWE JAAR IN N RY EN PARTY KEER OOK BUITE P.E.GAAN SOOS DIE KAASFEES IN FRANSCHOEK EN KREEFFEES BY LAMBERTSBAAI GAAN. JY KAN BASIES NA AL DAAI FEESTE GAAN EN KYK HOE HULLE AFSKAAL OOR KOSTES. EK Sê NOG STEEDS DIE MEESTE VAN DAAI KUNSTENAARS WAT DEUR ONS OP DIE MAP GEPLAAS IS DEUR HUL CD S TE KOOP KOM NIE MEER NA N FEES TOE AS HY NIE BETAAL WORD NIE. SOOS BYVOORBEELD WAAR WAS STEVE DIE LAASTE PAAR JAAR DAT HY NIE BY DIE KKNK WAS NIE. HET HY NOU TEVEEL GELD GEMAAK NOU HET HY NIE MEER NODIG OM DAAR TE WEES NIE. DIT IS NIE NET HY NIE MAAR N JULLE KLOMP ANDER KUNSTENAARS OOK.

HIERDIE JAAR HET DIE MENSE BEGIN KLA OOR ALLES SO DUUR WAS BY DIE KKNK. DIE ORGANISERDERS MOET BEGIN WAKKER RAAK ANDER IS DIE GROOTSTE FEES OOK DAAR MEE HEEN. DIE KUNSTENAARS MOET OOK BESLUIT WAT HULLE GAAN DOEN OOR DIE OPTREDES WAT HULLE SO DOEN TEEN N GROOT PRYS. AS DIE MENSE ELKE KEER NA N SHOW GAAN KYK BY DIE NNMU SE SAAL GAAN DIE MENSE NIE MEER FEESTE TOE GAAN NIE WANT HULLE HET MOS DEUR DIE JAAR ALMAL GESIEN; HOEKOM NOU WEER BETAAL.

AS DIE MEESTE VAN DIE TOP AFRIKAANSE SANGERS BY DIE MEESTE VAN DIE FEESTE SAL OPTREE SAL DAAR NIE MEER DIE PROBLEEM WEES NIE.

DIE MENSE SAL WEER FEESTE TOEKOM; MAAR DAN MOET HULLE OOK NIE N BELAGLIKE FOOI VRA OM DAAR OP TE TREE NIE.

DIE SANGERS MOET WEET ONS DIE PUBLIEK HET HULLE DAAR GESIT WAAR HULLE NOU IS; ONS KAN NET OPHOU CDS KOOP DAN IS WAAR HULLE WAS VOOR AFRIKAANS SO BEGIN BLOM HET.

GROETE BAIE GROOT AFRIKAANSE ONDERSTEUNER

THYS”

Barbara van Port Elizabeth sê die volgende:

Hello Sarel, Baie dankie weereens vir nuus. Ja ons het ook klaar ons kaartjies bespreek vir 26/9 & Supra aand 31/10, Dit sal so baie jammer wees as die feeste moet ophou. Dit is eintlik die enigste keer dat mense bymekaar kan kom om die ware kunstenaars te sien optree. Om alles te kroon is dit nie net Afrikaans sprekendes nie maar werklik ALMAL wat musiek geniet wat jy daar sal kry.

Ons weet ook hoe baie julle doen vir musiek en ek glo nie julle kry al die ondersteuning nie, (ek is ook skuldig) maar dinge sal werklik nou verander van ons kant af. Net so `n tong in die kies vraag:  Is dit nie moontlik dat ons kunstenaars net `n "klein bietjie" goedkoper kan optree nie? 

Baie groete

Barbara”

GoueDromeGoueDromeGoueDromeGoueDrome

 GOUE DROME PERSPEKTIEF OP REAKSIE:

Dit klink asof die meeste reaksie een punt wil onderstreep en dit is dat kunstenaars te hoë fooie vra. Alhoewel dit in sekere gevalle dalk waar is, moet GOUE DROME ook uitlig dat ons te doen het met ‘n vryemarkstelsel waar die kunstenaar ‘n prys kan maak en die promotor die prys betaal of weier om dit te betaal. Die enigste element wat ‘n promotor die “kans laat vat” om ‘n duurder as bekostigbaar kunstenaar te bespreek is die vrees dat sy fees mag platval omdat hy nie genoeg hoofstroomkunstenaars nadertrek nie en dus belangstelling van die publiek sal verloor.

Sommige kunstenaars hef egter nie vaste tariewe nie en skoei dit op die verwagte bywoningsgetalle (of soms of die werklike bywoning). Ander kunstenaars is heeltemal bereid om te skik deur byvoorbeeld ‘n laer tarief te vra wanneer dit ‘n kleiner fees of geleentheid is. Dit is hoe die vryemarkstelsel op sy beste werk en die heel beste manier is deur te bepaal hoeveel mense teenwoordig gaan wees en dan ‘n lae minimumfooi te hef en meer te vra as daar meer as ‘n sekere aantal mense teenwoordig is.

Dit is ongelukkig ook so dat daar ‘n “era van die promotor” was waar promotors die septer geswaai het en pryse van kunstenaars gemanipuleer het. Promotors het baie geld verdien uit sulke geleenthede en in baie gevalle moes kunstenaars die onderspit delf. Soos wat daar ‘n “oper” samelewing in Suid-Afrika ontwikkel het, het Jan-Alleman en die kunstenaars egter op hulle eie manier begin druk uitoefen om hierdie prosesse binne perspektief te bring. Promotors maak nie meer maklike winste nie en dit is eintlik tans ‘n baie, baie riskante besigheid om vermaak vir die publiek te reël.

Daar is ook ‘n sogenaamde “golf” wat kunstenaars kan ry. Dit is wanneer die kunstenaar se “seisoen” aangebreek het en hy op sy gewildste is. Dan kan die kunstenaar relatief hoë fooie vra en hy sal volbespreek wees vir baie lank, maar as die “golf” verby is, het die kunstenaar nie ‘n keuse nie as om weer sy tariewe afwaarts aan te pas nie. Sommige kunstenaars kry baie sulke “golwe” in hulle loopbaan en ander soos Steve Hofmeyr en Kurt Darren kry baie, baie lang “golwe” en kan bedrewe vir jare aaneen met een na die ander splinternuwe treffers vorendag kom wat hulle op die kruin van die “golf” hou.

Een kunstenaar het  soos volg gereageer: “Daar is sommige kunstenaars wat bespreek kan word teen x-bedrag, maar sodra hulle dit “maak” word hulle optreefooi verdubbel en selfs verdriedubbel. En dan is daar splinternuwe kunstenaars wat in die mark inkom wat sulke hoë tariewe vra!”

Organiseerders van feeste kan tot ‘n groot mate op hulle eie manier onderhandel vir beter pryse en deur oop kaarte met die kunstenaars te speel kan hulle dalk verras word met meer bekostigbare fooie. Dit is egter die kunstenaar se reg om, as hy 15 000 mense moet vermaak, ook te deel aan die inkomste verkry van daardie 15 000 mense en aan die anderkant tevrede moet wees as hy ‘n laer inkomste verdien wanneer daar slegs 700 mense is. Maar dit moet die promotors vooraf duidelik uitspel sodat almal presies weet wat die kanse is dat daar meer of minder kaartjiekopers gaan wees.

Riaan Marais van die Despatchfees het aangedui dat dit juis kunstenaars- en kunstenaarverwante kostes is wat sy fees onder druk geplaas het. Maar by ander feeste is dit dalk heeltemal anders.

Die prentjie kan dus heeltemal anders lyk as mens eers die hele saak ontplooi het. Daar is baie ander uitgawes by feeste wat koste die hoogte injaag. Ons moenie goedsmoed aanvaar dat kunstenaars se tariewe buitensporig is nie. Dit kan wel hoog wees, maar ons moet ook gaan loer wat kunstenaars moet uitgee en belê in hulleself as produk om daardie standaard aan die publiek te lewer.Dis ‘n feit soos ‘n koei dat ek en u voldoende wins sal maak op byvoorbeeld items wat ons vervaardig en verkoop anders los ons dit – dus moet ons die kunstenaars geleentheid gee om wins te maak, anders los hulle dit en dan is ons musiekskat baie armer. Kom ons gesels maar net met die kunstenaars – hulle sal wel met voorstelle kom wat iets kan laat werk eerder as om dit te laat skipbreuk lei.

Dit bly egter jammer dat feeste tans die onderspit delf. Maar miskien is dit omdat daar ‘n regstelling gemaak word aangesien daar dalk te veel feeste is en dat die verdwyning van ‘n paar feeste gesond is vir ons vryemarkstelsel.

 Gee jou mening hieroor – stuur ‘n epos aan info@gouedrome.co.za

South Africa's Top Sites
Goue Drome Vermaakgids
Klik hierbo (of op datums hieronder) vir vollediger besonderhede

Bay FM 107.9

Jacques Arndt - Bay FM
Jacques Arendt
Soek jy 'n DJ of compére wat van jou geleentheid 'n lekker JOL kan maak? Iemand wat bekend is in Suid-Afrika se hoofstroom musiekkringe?
 
Gaan lees by
Jacques se webblad (klik hier) hoe hy jou funksie 'n treffer kan maak!

******