Goue Drome

Jou musiek ... ons passie!

     

Nuus                       Nuusargief - klik hier!

ABEL KRAAMSAAL BOOR RAAK MET
"DIE AFSTAND TUSSEN TYD ... BLOMKIND"

As ‘n mens sou poog om ABEL KRAAMSAAL tussen lyne te probeer vasvang, gaan jy wroegend die handdoek moet ingooi.

Want daar is nie werklik woorde om die enigmatiese man te skets nie – slegs sy musiek kan dit doen.

Na ‘n welluidende stilswye van drie jaar is hy terug met ‘n nuwe CD, Die afstand tussen tyd, en in die titel skuil ‘n leidraad ... Hoe meet ‘n mens tyd? In maande, dae, oomblikke? Wanneer word dit ‘n verlore hersenskim en wanneer is dit ‘n tydlose uurglas?

Vir meer as 1 000 dae het Abel hom toegespits op sy praktyk, maar met ‘n nuwe jaar keer hy terug na sy eerste liefde, die klankbord van sy siel: musiek.

Terwyl hy een vaardigheid gerig het op sy pasiënte, het sy alter ego skeppend geboorte gegee aan ‘n produk wat die sfere van musiek verskuif. Die rippels het gestalte gekry en hier is die fenomenale resultaat.

Die afstand tussen tyd is ‘n kreatiewe kulminasie van 12 snitte wat wyd resoneer. Kaap, Uit die blou, Blomkind, Baby vat dit, Waardeer jou tyd en Afstand tussen tyd (JA, 6 liedjies!), word reeds almal op die radio gespeel. En as ‘n bietjie liriese soomsang veroorloof word: Die snit Reëndans is pure plesier.

Die musiekvideo van Blomkind is reeds vrygestel: waardeer moderne tegnologie en klik op die video an die einde van hierdie berig en wees die TV generasie een voor. ‘n Klavier tussen fynbos, wapperende lappe, bloublasie lug, ‘n magiese kopskuif ... Te oordeel aan die oorweldigende reaksie is dit ‘n klinklare treffer.

Abel Kraamsaal trek nie bloot ‘n haas uit die hoed nie, hy toor kundig met klank en woord en beeld. Soms voer hy ‘n fluistergesprek, ander kere kry kitare vlerke. Sy klanke klief deur jou hart, sy beelde neem

jou op reis. Hy paai, hy koester, hy dwing, hy dig. Hy vorm klank soos ‘n wafferse glasblaser – delikaat, dog sterk ... Tydloos. Suiwer en uniek en onteenseglik ABEL KRAAMSAAL. Vernuwing is opwindend. Abel Kraamsaal het die albatros om sy nek afgeskud. Welkom terug. Dis was tyd.

 

 

SNITTE OP DIE ALBUM (AFSTAND TUSSEN TYD):

 

1. Jy is oukei

2. Kaap

3. Soos jy wegraak

4. Uit die blou

5. Blomkind

6. Baby vat dit

7. As ek verdwyn

8. Vreemde Engel

9. Reën dans

10. Dit wat jy dink

11. Waardeer jou tyd

12. Afstand tussen tyd

 

BLOMKIND -video


“The Killer” - TOMMY DELL

AT WOW!-STAR ON

6 MARCH

 

The well-known Country artist, Tommy Dell, will be the next super performer as the WOW!-STAR show which takes place on 6 March at the Vodacom Amphi Theatre at the Boardwalk in Port Elizabeth. Tommy Dell is an excellent artist and entertainer who has been touring South Africa for many years. Tommy, is known  as “Killer”  because of his vibrant stage act. He is also known for the song TEDDY BEAR which was a major hit and which is still played on  radio stations around the globe.

 

In 1984, 1987 and 1989 Tommy represented  S.A in Nashville, Tennessee, USA at the International Country Fanfare Show.  He worked with artists such as Dolly Parton, Charlie Pride, Conway Twitty, Crystal Gayle and Elvis Presley’s vocal backing band, the Jordanaires.

 

Tommy has 11 Gold albums and 4 Platinum CD’s to his credit.  His Gospel album was released in 2008.

 

Tommy also still performs with the other Legends of Country, namely Lance James, Bobby Angel, Barbara Ray, Billy Forrest and Clive Bruce.

 

He performed in 12 sold-out shows during the past 3 years at The Playhouse, in Somerset West.  He writes his own material and uses his family in the show.

 

Tommy Dell is a Singer, Songwriter, Cabaret artist, Musician, Radio Presenter, Entertainer and an accomplished Comedian.  He presently hosts the popular breakfast show on Radio Helderberg 95.9 FM.

 

Tommy has also appeared on the Toeka tour as Steve Hofmeyr’s special guest.

 

Tickets (at only R50 per person) are available at Hellen Scriven, Westway Café, Cape Road, Newton Park, Port Elizabeth, tel 041 365 0217.

READ MORE ABOUT WOW!-STAR - CLICK HERE!

 


2009 was beslis vir die sangpaartjie, Wynand Strydom & Chereé, hulle beste jaar nog! Met al die opwindende verwikkelinge in hul persoonlike- en musieklewens, beloof die nuwe jaar beslis om propvol hoogtepunte vir albei die kunstenaars te wees. 

 

Wynand & Chereé beloof  hierdie jaar ewig trou aan mekaar op 4 April wanneer hul hulle liefde vir mekaar saam met hul familie en vriende deel. Dié Weskuspaartjie het besluit hul tree op die wit strande van hul tuisdorp, Langebaan, in die huwelik. Hulle deel ook hul mooiste dag saam met hul ondersteuners, en net na die troue sorg Huisgenoot dat die hele SA van die tweetjies se spesiale dag weet! Die nuwe Tempo Tydskrif hou ook 'n groot verrassing in vir die wat graag meer van die persone agter die kunstenaars wil weet. Daar is deesdae baie aanvraag vir die twee kunstenaars as duetpaar, maar as indiwidue volg albei nog steeds hul eie musikale drome. 

 

Wynand is die man met die onvergeetlike diep stem wat hartsnare regoor SA roer! Sy sukses as solokunstenaar is as gevolg van baie talent, baie passie en groot album verkope. Vir die wat Wynand se musiek vir die eerste keer gehoor het in 2005, is sy nuutste skeppings altyd iets om na uit te sien! Hy het onlangs die repertoire vir sy nuwe album     voltooi, maar nuwe ontwikkelinge in sy loopbaan blaas vars lug in sy lewe - hou maar die media dop, want Wynand is nog besig met groot dinge! Hy werk ook tans aan 'n lootsprogram vir 'n televisie program wat hy in 2010 wil vervaardig. Buiten die feit dat hy 'n ''likeable'' ou is, is hy ook 'n hardwerkende kunstenaar wat vandag nog steeds in aanvraag is regoor SA.

 

Chereé se splinternuwe album, In My Drome, het onlangs baie media aandag gekry en het op verskeie televisieprogramme soos KykNET se DKNTJukeboks verskyn. Chereé is al vir baie jare in die musiekbedryf en haar positiewe uitkyk op die lewe kom sterk deur in haar musiek! Die Kaapse country sangeres steel harte met haar unieke stem en haar aansteeklike persoonlikheid. Oor die volgende paar maande fokus Chereé en Leo Musiek op die bemarking van die nuwe album, wat sonder twyfel nog een van die grootste treffers in 2010 gaan wees. Sy werk ook aan verskeie ander projekte wat sy graag hierdie jaar wil aanpak, en soos haar verloofde, een van die dae haar man, het sy ook drome om hierdie jaar 'n dokumentêre TV-program te vervaardig. Sy begin ook eersdaags werk aan 'n paar nuwe musiekvideos, asook 'n DVD projek wat Leo Musiek nog hierdie jaar sal vrystel.  

Een ding is verseker, hierdie is 'n kragtige paartjie met vele talente en vele drome. Gedurende Maart word een van hulle drome waar wanneer hulle die voorreg het om die Skouspel Plus verhoog te deel met al die groot name in die SA musiekbedryf. Wynand & Chereé is deel van Huisgenoot se Skouspel Plus konsert wat dan by Grand West Casino sal plaasvind.

 

'n Nuwe jaar met nuwe uitdagings, 'n kans om alles weer van vooraf aan te pak!  Die twee kunstenaars streef elke dag daarna om beter te wees in dit wat hulle doen, om 'n bietjie meer te gee as wat hulle gister gegee het, en om hul lewens en hul musiek saam te kan deel.

 

Wynand & Chereé wens jou liefde, hoop en geluk in die nuwe jaar - mag al JOU drome ook waar word!

South Africa's Top Sites

 

 

Goue Drome Vermaakgids
Klik hierbo (of op datums hieronder) vir vollediger besonderhede

Bay FM 107.9

Jacques Arndt - Bay FM
Jacques Arendt
Soek jy 'n DJ of compére wat van jou geleentheid 'n lekker JOL kan maak? Iemand wat bekend is in Suid-Afrika se hoofstroom musiekkringe?
 
Gaan lees by
Jacques se webblad (klik hier) hoe hy jou funksie 'n treffer kan maak!

******

SATERDAG
20 FEBRUARIE
BOARDWALK CASINO
LEWENDIGE VERMAAK
MARINUS VAN ROOYEN

18:00 tot 21:00
Geen toegangsfooie

*********

28 Februarie