Oor Ons
Goue
Drome Promosies is 'n geregistreerde BK wat behoort aan Elna Botha
wat 'n groot voorliefde het vir die ontwikkeling van Afrikaanse
musiek en veral plaaslike talent. Elna word op deeltydse basis
bygestaan deur haar man, Sarel Botha, en hulle kinders André & Elsie
van Eck en Johan Botha. 'n Huisvriend, Ray Diesel, help ook met hart
en siel om alle projekte te laat slaag.
Hier is 'n onlangse foto van die Goue Drome span saam met Tommy Dell:
Voor: Johan Botha
Middel: Elsie van Eck, Elna Botha, Tommy Dell & Blommie, Ray Diesel
Agter: André van Eck, Sarel Botha
Goue Drome is baie bevoorreg om met BAY FM 107.9, die beste radiostasie in Port Elizabeth en omgewing, betrokke te wees.
Die afgelope paar jaar al is GOUE DROME sinoniem met die BAY FM BURGEROPSKOP en doen 'n groot gedeelte van die reëlings rondom hierdie groot jaarlikse een dag fees.
BAY FM en GOUE DROME werk hand-aan-hand om geleenthede vir Oos-Kaapse talent te bewerkstellig en te verseker dat die skep en opvoer asook opneem van nuwe liedjies in hierdie provinsie 'n prioriteit bly.
Daarom is daar die TOP 5 Local Klanke wat elke Saterdag om 09:45 op BAY FM 107.9 uitgesaai word.
BAY FM en GOUE DROME werk ook saam met die GOUE DROME projek, WOW!-STêR, 'n reeks talentvertonings wat ten doel het om te fokus op die ontwikkeling van nuwe talent in veral die Oos-Kaap.
BAY FM se webblad is www.bayfm.co.za. Die stasie kan ook via die internet geluister word.
Die TOP 5 Local is beskikbaar op hierdie webblad - klik hier!
Die WOW!-STêR reeks van talentvertonings is uniek en meer kan daaroor gelees word by www.wowster.co.za.










