ResensiesAgtergrondResensies wat hier verskyn word, tensy anders gemeld, uit liefde vir musiek deur Sarel Botha gedoen en met respek aan die kunstenaars wat hard werk om 'n betekenisvolle bydrae tot die musiekbedryf te lewer. Sarel neem klavierlesse van 6-jarige ouderdom af, speel kerkorrel vanaf 12-jarige ouderdom, skryf 'n volledige operette met musiek en teks op 16-jarige ouderdom en voer dit op met die hulp van Sondagskoolpersoneel, sing vir etlike jare in die Noord-Transvaalse Jeugkoor, wen verskeie kompetisies en behaal talle sertifikate met kunswedstryde en slaag verskeie UNISA klavier-, teorie- en harmonie eksamens baie goed. Hy spesialiseer ook in musiek op Onderwyskollege voordat hy besluit om 'n loopbaanverandering te maak. Sarel het vir etlike jare 'n musiekskool in Pretoria bedryf, en is veral die afgelope klompie jare betrokke by die ontwikkeling van talent vir die kommersiële mark. Tans bedryf hy 'n reeks talentaande (www.talente.co.za), bedryf die Goue Drome webblad, is betrokke by verskeie produksies, feeste en konserte, en saai die program SATERDAGJOLYT op BAY FM 107.9 uit. Sarel is ook regisseur van die opnames van verskeie kunstenaars, tree op as beoordelaar by 'n verskeidenheid talentkompetisies, doen verhoogbestuur, bestuur kunstenaars en is ook 'n liedjieskrywer. So nou en dan is hy ook aankondiger of seremoniemeester by geleenthede. Sarel Botha glo dat geen produk aangebied word met die oog daarop om afskeepwerk te doen nie - elkeen wil immers 'n beste voetjie voorsit. Daarom is Sarel se resensies gemik daarop om die beste voetjies uit te wys en tussen die lyne aan te dui watter voetjies na sy mening so 'n bietjie voetpoeier benodig. Kunstenaars moet self die resensie ontleed en bepaal tot watter mate Sarel raakgevat het en of hulle werklik sy kommentaar ter harte moet neem. |
Resensies op hierdie webbladA Angels - The voice of Angels - CD S Sarah Teron - Elizabeth Place - 21 Aug 2008 W |









