2008 BAY FMSPIRAALVolledige uitslae - klik hier! Jacques Arendt, Stasiebestuurder: BAY FM 107.9 en seremoniemeester by die 2008 BAY FM SPIRAAL-toekennings - Foto: Michelle Mattheus
Die 2008 BAY FM SPIRAAL-paneel (vlnr): Pieter Rademeyer, Louis Potgieter, Zeta Strydom, Mark Scriven en Iloreez Meyer - Foto: Elsie van Eck
Marinus van Rooyen 2008 SPIRAAL-stêr 2008 SPIRAAL vir BESTE KUNSTENAAR, 2008 SPIRAAL vir BESTE LIEDJIE met DIE HELE BOKSEMDAAIS, Posisie nr 5 in die kategorie BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE met DIE HELE BOKSEMDAAIS, Posisie nr 3 in die kategorie BESTE LIEDJIE met EK SOEK JOU - Foto: Michelle Mattheus
André M - 2008 SPIRAAL vir BESTE LIEDJIESKRYWER posisie nr 6 in die kategorie BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE met GOUD EN SILWER, posisie nr 4 in die kategorie BESTE LIEDJIE met JOU STEM SNY, posisie nr 3 in die kategorie BESTE KUNSTENAAR - Foto: Elsie van Eck Carina Renz - 2008 SPIRAAL vir BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE - Foto: Michelle Mattheus Gouwsie - 2008 SPIRAAL vir MEES BELOWENDE KUNSTENAAR Posisie nr 2 in die kategorie BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE, posisie nr 2 in die kategorie BESTE KUNSTENAAR - Foto: Elsie van Eck
Ricky Venter - posisie nr 10 in die kategorie BESTE LIEDJIE met DIS NJA IN SUID-AFRIKA - Foto: Michelle Mattheus
Robert Gillmer - posisie nr 10 in die kategorie BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE met PA SE OOGAPPELWALS - Foto: Michelle Mattheus
Mattheus - Foto: Michelle Mattheus Martin Kernekamp - posisie nr 4 in die kategorie BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE met MY FAIRYTALE, posisie nr 6 in die kategorie BESTE LIEDJIE met MY FAIRYTALE - Foto: Michelle Mattheus ELSaBé Rademeyer - posisie nr 9 in die kategorie BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE - Foto: Michelle Mattheus
Don Vallance - posisie nr 7 in die kategorie BESTE PRESTEERDER: TOP 5 LOCAL KLANKE met EK MAAK JOU MYNE en posisie nr 3 in dieselfde kategorie met LANGPAD, posisie nr 5 in die kategorie BESTE LIEDJIE met EK MAAK JOU MYNE, posisie nr 6 in die kategorie BESTE KUNSTENAAR - Foto: Elsie van Eck Deon le Roux - Foto: Michelle Mattheus Crash Feever - Foto: Michelle Mattheus
MARINUS VAN ROOYEN IS DIE 2008 BAY FM SPIRAAL-STêR
Die formaat van
die geleentheid was ‘n glansaand, waar genomineerde Oos-Kaapse
talent hulle beste voetjie voorgesit het en toekennings gemaak
was aan diegene wat verkies word as die bestes onder die bestes.
Daar was 19 Oos-Kaapse talentvolles en 29 oorspronklike liedjies
genomineer vir hierdie, reeds gesogte, toekenning.
Marinus van
Rooyen is ook bekend as Suid-Afrika se Roy Orbison en skryf self
liedjies. Hy tree gereeld by die Boardwalk Casino in Port
Elizabeth op asook regoor die land by feeste privaat en
korporatiewe geleenthede. In 2005 en 2006 het hy die VOALIM
toekennings vir BESTE KUNSTENAAR en
BESTE LIEDJIE asook die
Jacques Arendt wisseltrofee vir die MEES BELOWENDE KUNSTENAAR in
2005 ontvang. Marinus het onder die KYKnet TOP 100 Afrikaanse
Idols geëindig en onder die TOP 30 in Patricia Lewis se
SUPERSTERRE op SABC2. Hy is ook lid van die bekende Oos-Kaapse
sanggroep, SIKLUS!.
‘n Paneel van
kundige beoordelaars is deur BAY FM aangestel om die wenners te
selekteer. Hierdie jaar se paneel het bestaan uit Pieter
Rademeyer (onderwyser, sakeman en self ook ‘n sanger), Zeta
Strydom (musiekonderwyseres by Hoërskool Framesby), Louis
Potgieter (musiekonderwyser by Hoërskool Andrew Rabie), Iloreez
Meyer (eienares van die Iloreez Meyer Sangakademie op Despatch
en ook organiseerder van die jaarlikse BAY FM / JIP
sangkompetisie) en Mark Scriven (publieke paneellid). BAY FM 107.9, in samewerking met GOUE DROME, poog om soveel moontlik impak op die ontwikkeling van die Oos-Kaapse musiekbedryf te maak deur onder andere die BAY FM GOUE DROME TOP 5 LOCAL KLANKE aan te bied as stimulus vir plaaslike talent om nuwe liedjies te skep en radiokwaliteit opnames te maak. Sangers en liedjieskrywers wat deur platemaatskappye opgeteken is en/of reeds gereelde nasionale blootstelling op radio/TV geniet, kwalifiseer nie vir SPIRAAL-toekennings nie.
Paneellede het geluister na die 29 snitte en ‘n mening gevorm oor, onder andere, die volgende aspekte voordat hulle die toekennings doen: a. Sanger se stemwerk (intonasie, duksie, ens.) b. Verbale vertolking van die liedjie c. Sanger se kanse op kommersiële sukses in die huidige mark d. Kwaliteit van die begeleidingsnit e. Oorspronklikheid, vernuftigheid en gepastheid van die instrumentasie en ander effekte wat gebruik is in die begeleidingsnit f. Oorspronklikheid, vernuftige taalgebruik, eietydse toepaslikheid van tema en interessantheid van liedjie g. Kommersiële potensiaal van die liedjie h. Algemene indruk uit ‘n radio-oogpunt
Die volledige toekenningslys is soos volg:
In hierdie
afdeling het die BAY FM SPIRAALPANEEL nadat hulle deeglik
geluister het na al die kunstenaars wat genomineer is, ‘n
stemming gehou waardeur daar bepaal is watter kunstenaar volgens
stemkwaliteit, musikale standaard en vertolking die beste is.
Marinus van
Rooyen is ‘n persoon wat geen bekendstelling nodig het nie en
wat alreeds groot treë in die Oos-Kaapse musiekbedryf getrap
het. Hy is die kunstenaar wat waarskynlik die meeste van al die
plaaslike talent optree en gereeld met vol besprekings spog. Hy
is voorheen twee keer deur VOALIM gekroon as die BESTE
KUNSTENAAR en het ook twee keer VOALIM se BESTE LIEDJIE-kategorie
ingepalm.
Posisie nr 2: GOUWSIE Posisie nr 3: ANDRé M Posisie nr 4: IAN VENTER Posisie nr 5: ROBERT GILLMER Posisie nr 6: KEVIN DOUGLAS Posisie nr 7: DON VALLANCE Posisie nr 8: OORKRUIPER Posisie nr 9: SEMANDIE GERBER Posisie nr 10: LIONEL KLUE
In hierdie
afdeling het die BAY FM SPIRAALPANEEL, nadat hulle deeglik
geluister het na al die liedjies wat genomineer is, ‘n stemming
gehou waardeur daar bepaal is watter liedjies volgens musikale
standaard en radiokwaliteit asook aanbieding die beste is.
Posisie nr 2: KNYSNABOSROCK – Ian Venter Posisie nr 3: EK SOEK JOU – Marinus van Rooyen Posisie nr 4: JOU STEM SNY – André M Posisie nr 5: EK MAAK JOU MYNE – Donovan Vallance Posisie nr 6: MY FAIRYTALE – Martin Kernekamp Posisie nr 7: TANGO – Kevin Douglas Posisie nr 8: LANGPAD – Donovan Vallance Posisie nr 9: PIENK CADILLAC – Semandie Gerber Posisie nr 10:DIS NJA IN
SUID-AFRIKA – Ricky Venter
Hierdie
liedjieskrywer word vereer vir sy massiewe bydrae tot veral die
Afrikaanse musiekskat in die Oos-Kaap. Talle Oos-Kaapse
kunstenaars het reeds liedjies van hierdie man opgeneem. Hy is
self ook ‘n sanger en sy album Koshuiskind is ‘n toonbeeld van
uitstekende lirieke en musiek. Die bekende sanger, Wynand
Strydom, het onlangs drie van André M se liedjies op sy nuutste
album, VASGEVANG IN MY, opgeneem.
In hierdie
afdeling word die kunstenaars wat die beste gepresteer het by
wyse van totale uitgebragte stemme en ook gereelde hoë posisie
op die BAY FM GOUE DROME TOP 5 LOCAL KLANKE wat elke Saterdag om
ongeveer 09:45 uitgesaai word, en ook waar van toepassing in ag
genome hulle posisie op die BAY FM Afrikaanse TOP 40, vereer vir
hulle prestasie. Hierdie is dus gebaseer op die aantal stemme
wat elkeen verwerf het en die SPIRAAL-paneel het nie hieraan ‘n
aandeel gehad nie.
Posisie nr 2: GESKEURDE GATSAK - Gouwsie Posisie nr 3: LANGPAD – Donovan Vallance Posisie nr 4: MY FAIRYTALE – Martin Kernekamp Posisie nr 5: DIE HELE BOKSEMDAAIS – Marinus van Rooyen Posisie nr 6: GOUD EN SILWER – André M Posisie nr 7: EK MAAK JOU MYNE – Donovan Vallance Posisie nr 8: DAAR’S NOG PLEK – Lionel Klue Posisie nr 9: BABY BABY BABY – ELSaBé Rademeyer Posisie nr 10: PA SE
OOGAPPELWALS – Robert Gillmer
Soms sien mens ‘n juweel op ‘n afstand. En vir ‘n geoefende oog neem dit nie lank om selfs te sien hoe hierdie juweel geslyp moet word nie, en so ‘n juweel is GOUWSIE. Dit is duidelik dat hierdie jongman nog groot treë gaan loop in musiekkringe. Hy het gehore in ‘n ommesientjie aan sy voete wanneer hy begin met sy danspassies en lewendige musiek. En op slegs 15-jarige ouderdom is hy alreeds in aanvraag by talle feeste en ander geleenthede.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
2008
BAY FM SPIRAALTOEKENNINGS OM DIE DRAAI Dit is vir BAY FM ‘n besondere voorreg om aan te kondig dat die tweede BAY FM SPIRAAL-toekenningsaand om 19:30 op 23 Januarie 2008 by die Hoërskool Andrew Rabie, Port Elizabeth plaasvind.
Die formaat van die geleentheid is ‘n glansaand, waar genomineerde
Oos-Kaapse talent hulle beste voetjie voorsit en toekennings gemaak
word vir diegene wat verkies word as die bestes onder die bestes.
Die nagenoemde 19 Oos-Kaapse talentvolles en 29 oorspronklike
liedjies is genomineer vir hierdie, reeds gesogte, toekennings:
‘n
Paneel van kundige beoordelaars is deur BAY FM aangestel om die
wenners te selekteer. Hierdie jaar se paneel bestaan uit Pieter
Rademeyer (onderwyser, sakeman en self ook ‘n sanger), Zeta Strydom
(musiekonderwyseres by Hoërskool Framesby), Louis Potgieter
(musiekonderwyser by Hoërskool Andrew Rabie), Iloreez Meyer
(eienares van die Iloreez Meyer Sangakademie op Despatch en ook
organiseerder van die jaarlikse BAY FM / JIP sangkompetisie) en Mark
Scriven (publieke paneellid).
Al
die plaaslike talent word uitgenooi om hulle beste voetjie voor te
sit by die toekenningsaand deur hulle nuutste oorspronklike werk
daar te kom lewer. Slegs enkeles sal egter die aand met die trofees
wegstap. Die 2007 SPIRAAL-ster was Donovan Vallance, en die tweede
plek was verower deur die bekende groep, Mattheus. Die derde plek
was ingepalm deur die rockgroep van Kirkwood, Oorkruiper.
BAY FM 107.9, in samewerking met GOUE DROME, poog
om soveel moontlik impak op die ontwikkeling van die Oos-Kaapse
musiekbedryf te maak deur onder andere die BAY FM GOUE DROME TOP 5
LOCAL KLANKE aan te bied as stimulus vir plaaslike talent om nuwe
liedjies te skep en radiokwaliteit opnames te maak.
BAY FM en GOUE DROME besef dat nie al die werk
wat deel vorm van die TOP 5 reeds kommersiëel geslaagd is nie, maar
glo dat deur voort te gaan met hierdie proses, die standaard
jaar-na-jaar sal verbeter (dit is reeds die geval) en dat dit
uiteindelik sal lei daartoe dat die Oos-Kaap meer suksesvolle
sangers en liedjieskrywers oplewer.
Sangers en liedjieskrywers wat deur
platemaatskappye opgeteken is en/of reeds gereelde nasionale
blootstelling op radio/TV geniet, kwalifiseer nie vir SPIRAAL-toekennings
nie. Paneellede luister na die 29 snitte en vorm ‘n mening oor, onder andere, die volgende aspekte voordat hulle die toekennings doen: a. Sanger se stemwerk (intonasie, duksie, ens.) b. Verbale vertolking van die liedjie c. Sanger se kanse op kommersiële sukses in die huidige mark d. Kwaliteit van die begeleidingsnit e. Oorspronklikheid, vernuftigheid en gepastheid van die instrumentasie en ander effekte wat gebruik is in die begeleidingsnit f. Oorspronklikheid, vernuftige taalgebruik, eietydse toepaslikheid van tema en interessantheid van liedjie g. Kommersiële potensiaal van die liedjie h. Algemene indruk uit ‘n radio-oogpunt
|












Een
van die paneellede, mnr Pieter Rademeyer, eienaar van Elizabeth
Place, het namens die paneel hulle tevredenheid uitgespreek met
die groot vordering wat met onder andere die hulp van BAY FM
gemaak word om Oos-Kaapse talent te ontwikkel. Hy het al die
kunstenaars, veral ook diegene wat nie toekennings ontvang het
nie, aangemoedig om voort te bou op hulle prestasies en
uiteindelik ‘n verskil in die musiekbedryf te maak.
